Lees is maklik en lekker met Krok en Dil!
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak!

Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
Krok en Dil 01: Krok in die bad
by Jaco Jacobs
Krok bad.
Dil wil nie bad nie.
Maar dan val Dil in die water ...
Krok en Dil 02: My pet is weg
by Jaco Jacobs
Krok se pet is weg.
Dit is nie op die kas nie.
Dit is nie op die bed nie.
Weet Dil dalk waar dit is?
Krok en Dil 03: Krok die kok
by Jaco Jacobs
Krok is 'n kok.
Hy wil sop maak.
Maar Dil is lus vir pret ...
Krok en Dil 04: Ek is 'n vis!
by Jaco Jacobs
Kyk vir Dil!
Hy dink hy is 'n vis.
Maar hier kom iets met 'n groot vin.
Krok en Dil 05: In die lug
by Jaco Jacobs
Dil lê op sy rug.
Hy sien 'n bus ... en 'n mus ...
Maar wat sien Krok?
Krok en Dil 06: Kyk vir my!
by Jaco Jacobs
Kyk vir Dil!
Hy gly op die ys.
Kan Krok ook gly?
Krok en Dil 07: Waar is die maan?
by Jaco Jacobs
Dit is laat.
Krok en Dil kyk na die maan.
Maar dan raak die maan weg!
Waar kan dit wees?
Krok en Dil 08: By die see
by Jaco Jacobs
Krok en Dil is by die see.
Dil ry heen en weer op sy branderplank. Wil Krok ook ry?
Krok sê net: "Nee."
Krok en Dil 09: Krok kan toor
by Jaco Jacobs
Krok kan toor.
Dil wil ook toor.
Hy kry dit nie reg nie.
Maar Krok maak 'n plan.
Krok en Dil 10: Die suur sap
by Jaco Jacobs
Dil maak sap.
Maar wie gaan dit koop?
Die sap is te duur. Die sap is te suur.
Kan Krok 'n plan maak?